
Die Weaver is ‘n moderne strandhuis in die mooi dorpie Arniston, naby die suidelike punt van Afrika. Dit is geleë bo die kranse en sandduine net ‘n paar meter van die see af.
Arniston is geseënd met kilometers ongerepte wit sandstrande, sonnige weer, vars lug, kleurvolle en geurige fynbos, walvisse, dolfyne, seevoëls en kristalhelder blou see. Dit het van die beste kuslyn en seetonele in die wêreld. n Wonderlike plek om die hele jaar deur te geniet en te ontspan.
Gaste geniet die hele huis met ‘n oopplan sitkamer / eetkamer / kombuis, eetkamertafel vir 10 mense, breëband internet WiFi, groot pooltafel , 49 duim TV, stoep met tafel en banke, tuin patio, twee groot en-suite slaapkamers, twee enkel stapelbeddens op die boonste landing, ‘n waskamer en n buite stort vir wanneer jy terugkom van ontspan op die strand.
Die tuin en patio is omring deur ‘n muur vir privaatheid, verhoogde veiligheid en beskutting op winderige dae .



